Die een wat my sien

Vir die wêreld is ek net'n nommer
'n Korreltjie sand in die groot heelal
Is daar iemand wat my raaksien
Wat omgee en verstaan?

Hy is die God wat my sien
Die Een vir wie ek saak maak
Die Een wat my naam ken
El-Rohi die God wat my sien

Die wêreld se opinie maak nie meer saak
Ek leef vir my Skepper en Hom alleen
Hy noem my Sy kind, Sy erfgenaam
Hy weet wie ek is

Aan die God van die eeue, die groot Ek is
Gee ek my lewe, my alles
Hy's die God wat vir ewig my hart besit
Hy is die Een wat my sien

Home